Etologie

'n Verskeidenheid dierlike gedragsvorms

Etologie is die wetenskaplike en objektiewe studie van dieregedrag, gewoonlik met 'n fokus op gedrag onder natuurlike omstandighede, en met die beskouing van gedrag as 'n evolusionêre aanpasbare kenmerk.[1] Etologie is 'n kombinasie van laboratorium- en veldwetenskap, en is nou verwant aan sekere ander dissiplines soos neuro-anatomie, ekologie en evolusionêre biologie. Etoloë is gewoonlik meer geïnteresseerd in 'n gedragsproses as in 'n spesifieke dieregroep, en sal dikwels een soort gedrag, bv. aggressie, by 'n aantal onverwante spesies bestudeer.

  1. "Definition of ethology".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search